impac

Kontak Ons: 012 010 0697

  • Hael Dekking

    Dekking teen direkte meganiese aksie van hael. Dit sluit die volgende dekking automaties in Brand, transito, Ryp.

  • Inkomste Waarborg

    Omvattende dekking eerste in RSA! Dekking word verleen teen alle risiko wat nie deur boer beheer kan word nie. Dekking tree in werking sodra die opkomveslag gedoen is wat geplante oppervlak en boerderypraktyke bevestig.

  • 1
  • 2
 

Welkom by Impac Cropsure

Nuwe firma met nuwe produkte wat ‘n eerste is in RSA. Die eerste ten volle geintegreede stelsel wat vir die klient vinniger omdraai tyd op eise beteken. ‘n Opgeleide en bekwaame onafhanklike taksateurskorps.

Wie ons is
Bryte Versekerings Maatskappy Beperk is die voorste proaktiewe kommersiële risikospesialiste in Suid-Afrika. Met die toepassing van ons ongeëwenaarde insigte in sektore, bewese kundigheid en versiendheid, gaan ons vennootskappe met kliënte en makelaars aan om hul besighede te beskerm en hul risikoprofiel oor die hele vasteland te verbeter.
Ons risikobestuursoplossings ten opsigte van korttermynversekering word ontwikkel met deeglike sektorkennis, ’n toekomsgerigte fokus en ons verbintenis tot voortreflike diens. Bryte Versekerings Maatskappy Beperk  se handelsmerk is miskien nuut, maar dit sluit die voordeel in van ’n gevestigde infrastruktuur, produkte en bestuurspan in. Ons is trots op wat hierdie span die afgelope paar jaar vermag het, en ons sien uit daarna om voort te bou op die stewige grondslag van ’n gevestigde, suksesvolle versekeringserfenis en ’n toegewyde vennootskapsmodel.
Bryte Versekerings Maatskappy Beperk se werksaamhede in Suid-Afrika en Botswana is onlangse toevoegings tot die Fairfax Financial Holdings-portefeulje. Fairfax is ’n maatskappy wat in Toronto, Kanada gesetel is en deur sy filiale betrokke is by eiendoms- en ongevalleversekering, herversekering en beleggingsbestuur.
Bryte Versekerings Maatskappy Beperk volg ’n doelgerigte benadering tot kliënterisiko, en werk proaktief saam met makelaars en kliënte om beter risikobesluite te verseker.

image007

Cookies make it easier for us to provide you with our services. With the usage of our services you permit us to use cookies.
Ok