impac

Kontak Ons: 012 010 0697

info@impaccropsure.co.za

Landbou is ‘n dinamiese en veranderlike bedryf.

Jan 24 2019

Tegnologie verander en vernuwe voortdurend. Met nuwe kultivars wat jaarliks die mark betree en nuwe verbeterde landbou praktyke, is dit selfs vir ‘n Onderskywingsbestuurder noodsaaklik om aan te pas en op hoogte te bly van nuwe kultivars en verbouiingspraktyke. Die onderskrywingsbestuurder moet sy mark segment ken, hier speel navorsing ‘n groot rol en ook gedurig opleiding gee aan sy personeel om relevant te bly in die mark.

 

Navorsing is noodsaaklik vir die ontwikkeling van nuwe oesversekeringsprodukte en dit dien ook as ‘n goeie opleidingsplatform vir personeel.

Alhoewel iMPAC minder as ‘n jaar in die oesversekeringsmark aktief betrokke is, is navorsing vir ons van groot en deurslaggewende belang.  Ons navorsing fokus tans op sojabone. 
Daar is drie redes waarom ons fokus op sojabone:

  • Daar is heeltyd opwaardse druk op sojaboon tariewe.  Kan toegeskryf word aan swak eise geskiedenis.
  • Die navorsing dien ook as opleiding vir taksateurs en ons eie personeel om beter diens aan kliënte te verskaf.
  • Om ophoogte bly met nuwe kultivars wat in die mark kom.

Die beplanning is om ook die navorsing uitebrei na ander gewasse in die nabye toekoms.
Vrugdeel verwydering navorsing op Sojabone in die R1 groeistadium