impac

Kontak Ons: 012 010 0697

Boere kan hulself nou Effekteif Beskerm

Jul 11 2014

Klimaatsverandering het ’n beduidende impak op die landboubedryf.

n wat beskryf is as die ergste droogte in die onlangse geskiedenis van die land, moes mielies ingevoer word terwyl gesaaides op die lande, desperaat vir reën, aan die verdroog was. Sou dié situasie weer opduik, kan boere hulle tot ’n geheime wapen
wend. FAnuus het met Wim Morland, uitvoerende hoof: Versekeringsvennootskappe by Bryte Versekering, en Hennie van Staden, Uitvoerende Hoof van iMPAC Onderskrywingsbestuurders, oor ’n nuwe produk gesels wat oeste ten tye van droogtes verseker. Belangrike dekking Die iMPAC oes-inkomsteproduk wat deur Bryte onderskryf word, dek tans mielies, sojabone en sonneblomme. “Die produk is so ontwerp om boere teen ’n verskeidenheid van risiko’s soos brande, hael, ongewone reënval, hoë temperature, ryp, onbeheerbare peste, siektes en transito te beskerm. Hierdie aanbod
verseker ’n voorafbepaalde inkomste in rand, wat boere toegang bied tot die insetkostefinansiering van finansiële instellings,” het Morland gesê.

“Die produk bied ook by verstek ’n verskansing vir ondernemings teen bewegings in kommoditeitspryse. Dit produk is die eerste van sy soort op die mark wat in opeenvolgende jare ’n vermindering van 30% in oesversekeringspremies tot gevolg kan hê. Dit sal insetkoste verder verlaag. Die waarde wat dit toevoeg is die vermindering in die wisselvalligheid van inkomste en dit kan ook as ’n buffer vir boere teen natuurrampe dien,” het Van Staden gesê. Bo-aan die trefferlys Suid-Afrika is ’n land met ’n ryk landbougeskiedenis en daar is ander landbou-versekeringsprodukte in die mark. Morland voel egter dat iMPAC se aanbieding ’n unieke verkoopsaspek het. “Anders as konvensionele oesversekeringsdekking, verseker die iMPAC oes-inkomsteproduk die randwaarde per hektaar wat boere die gemoedsrus gee dat hulle ’n gewaarborgde waarde in rand in die
geval van ’n insident sal ontvang. Wat nog meer is, haeldekking word outomaties ingesluit wat die tradisionele multi-risikopolisse uitsluit. Dit bied versekeringsdekking van tot 80% terwyl tradisionele multirisikoversekerings- dekking oor die algemeen tot 65% beperk is,” het Morland gesê. Die iMPAC Oes-inkomsteproduk is nie die enigste een wat Bryte in
samewerking met iMPAC Onderskrywingsbestuurders ontwikkel nie. “Bryte werk baie nou saam met iMPAC om die huidige aanbod van mielies, sojabone en sonneblom onder die iMPAC Oes-inkomsteproduk verder uit te brei. Deur die aanwending van die twee ondernemings se uitgebreide sektorkundigheid, het ons vertroue in ons vermoë om die dinamiese risiko-omgewing aan te pak en boere te help op hulle pad van stabiliteit en groei,” het Van Staden gesê. Beskerming van ’n sleutelbydraer Die landbousektor is ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en is ’n sleutelbydraer tot die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP). Wanneer kommoditeitspryse laag is, is die landbousektor selfs nog ’n groter bydraer tot die land se BBP as die mynbousektor.

Dit is dus in landsbelang dat boere die nodige beskerming geniet. “Die iMPAC-produk vergemaklik toegang tot die insetkostefinansiering van finansiële instellings, help om die sektor meer aantreklik te maak en moedig nuwe toetreders tot die mark aan. Dit sal noodwendige stukrag gee aan die volhoubaarheid van ’n noodsaaklike sektor. Dit sal ook help om die kritiese globale doelwit van voedsel-sekuriteit te ondersteun, asook die uitbreiding van die sektor se bydrae tot die
BBP,” het Morland gesê. Die risiko’s verwant aan die sektor is geweldig. “Klimaatsverandering stel boere aan ’n klomp risiko’s bloot waaronder droogtes, vloede en haelstorms. Selfs te midde van sulke omstandighede kyk boere na nuwe boerderymetodes en die gebruik van nuwe kultivars wat droogtebestand is en vinniger in ’n korter groeiseisoen groei,” het Van
Staden gesê. Morland het bygevoeg dat die bekendstelling van die iMPAC-produk groot waarde vir die bedryf inhou en dit sal nie slegs tot die stabiliteit van die landbousektor bydra nie, maar ook tot die sukses van boere in die toekoms. l
Boere kan hulself nou Klimaatsverandering het ’n beduidende impak op die landboubedryf.

Cookies make it easier for us to provide you with our services. With the usage of our services you permit us to use cookies.
Ok